‘n Skoon Kanaal

Dis Sondag en ons sukkel al vir ‘n hele paar dae met een van die pype in ons huis wat net eenvoudig verstop bly. Gister het die probleem egter ‘n hoogtepunt bereik, en vanoggend staan die skottelgoed dak hoogte. Geen water wat ons intap loop teen die regte spoed deur die probleempyp na buite nie.

So sukkel ons om die pyp skoon te kry met ‘n gekrap en uitgespoelery, maar die verstopping bly.  Ons weet wat sal werk om die pyp skoon te spoel, maar ons kon nog nie winkel toe ry om die apparaat te kry nie, so intussen karring ons voort. Dis ‘n morsige affêre.

Ek kon toe uiteindelik vanoggend by die winkel uitkom en ons oplossingsapparaat aanskaf.  In my gedagtes het ek bly wonder of dit gaan werk, en as dit nie werk nie hoeveel geld dit nou weer gaan kos om die probleem op te los (ons huis is nou op daardie ouderdom waar daar ‘n klomp dinge aflos speel om vervang, of reggemaak te word, sug …). Ten einde laas gebruik ons toe die towerapparaat en tot ons groot verligting stroom die verstoppende elemente uit die pyp, en die water kanaal na buite is weer skoon.

Met hierdie hele proses herinner die Heilige Gees my dat ons ook mos maar kanale is, wat die Lewende Water dra na buite en na ander om ons.  Net soos die pyp kan ons, stadig maar seker, verstop raak en al hoe minder water na buite kanaliseer.  Ons het baie tipes water wat elke dag deur ons vloei en elke nou en dan bly daar ‘n stukkie vuiheid agter wat ons nie noodwendig opmerk nie.  “Dis net ‘n klein stukkie, nie noodwendig iets om oor bekommerd te wees nie “, is wat ons dink.  Ongelukkig word hierdie klein stukkies net meer oor tyd, voor ons kan keer wil die pyp nie meer water uitlaat nie en alles om ons voel skielik uitplek en ongemaklik.

Die sukses van die apparaat wat ons gebruik het is die druk wat toegepas word in ‘n beperkte area, te same met die stof wat saam met die druk in die pyp ingespuit word. Die resep werk. Dit blaas vasgeslaande vuilheid vinnig uit aan die ander kant van ‘n pyp, en feitlik onmiddelik, na die episode, loop daar weer skoon water deur die pyp na buite.

Werk dit nie ook maar so met ons nie? Druk van buite is keer op keer nodig om ons skoon te spoel. Ons weet dat die ware karakter van ‘n mens vinnig wys sodra daar druk op ons toegepas word.  Druk so voor die hand liggend soos: Korona Virus finansiële uitdagings, ‘n werk sperdatum of ‘n geliefde wat siek is.  Druk toets ons reaksies, ons geloof en ons ingesteldheid. Wat ons fokuspunte ookal is, sal vinnig aan die ander kant van die pyp uitgespoeg word.  Dan sien ons ook baie keer self wat besig wat om op te bou in ons harte, sonder dat ons dit eintlik self besef het.

Toegepasde druk en ‘n skoon gespuitery is baie ongemaklik, maar die verligting om van ‘n klomp vuilgoed ontslae te raak is defnitief die moeite werd. Dit kan die swaar las op jou skouers verlig en jou vrymaak om weer asem te haal.  Met vryheid om te beweeg is daar meer plek in ons lewens vir ander se behoeftes, ‘n groter hand om oop te maak.

Kom ons kyk dalk na ons druk omstandighede deur ‘n ander bril.  ‘n Bril wat glo dat God ALLES ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, en dat Hy ‘n Vader is wat baie geïntereseerd is in ons karakter.

Kom ons vertrou dat Hy ons kan help om skoon kanale te word, al verstaan ons nie hoe alles in mekaar pas nie.

Kom ons sien uit na die ervaring om ‘n kanaal te wees waardeur Lewende Water lig en vrylik vloei.

Geskryf deur Johanni Meiring

Published by Johanni Meiring

Part of my existence revolves around written words. I write because this is how I process. I pray that you can associate and be encouraged.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: