As daar een ding is wat COVID_19 en politieke onrus ons leer, is dit dat ons niks meer vanselfsprekend kan aanvaar nie. Voor Covid het ons geleef vanuit planne en plekke van sekerheid en ongelukkig ook vanselfsprekendheid. Dit was vanselfsprekend dat die planne wat ek vir volgende maand en self volgende jaar gemaak het sal plaasvind. Dat ek ‘n werk sal hê, gesond sal wees …
Een van die grootste vanselfsprekendheid, tussen kinders van God is al vir baie jare … “God is altyd daar al kom ek nie noodwendig by tyd saam met Hom uit nie. Hy is lief vir my, ek is lief vir Hom en dis genoeg.”
Die probleem met hierdie vanselfsprekendheid is dat wanneer die storms kom ons geloof nie opgewasse is daarvoor nie. Hoe moeiliker dinge raak hoe makliker blameer ons God, in plaas daarvan om hom te vertrou. Hoe vertrou mens Iemand wat jy nie ken nie? Hoe ken mens Iemand waarmee jy nie tyd spandeer nie?
Om die storms van COVID_19 en Suid Afrika te kan deurstaan, moet jy in die posisie wees om te hoor wat God vir jou en jou gesin sê. Dit vat intensionaliteit en opoffering, want vroeg opstaan in die winter was nog nooit lekker nie.
Maar as jy dit doen om met die Almagtige God te gesels, wat jou wil beskerm en lei?
Weet ook dit maak ‘n verskil of jy bid of nie, as dit nie ‘n verskil gemaak het nie het hy ons nie gevra om aanhoudend te bid nie.
Ek dink ek voel moedeloos … En dalk ook hartseer omdat ons so maklik gemaksugtig raak en in vanselfsprekendheid leef as daar soveel meer tot ons beskikking is as kinders van God. Hy wil vrede gee, red, lei en beskerm. Ons moet net die moeite doen om uit te vind hoe dit lyk in ons lewens en gesinne.
God vra een ding van ons, en dit is verhouding met Hom, nie vir Hom nie maar vir ons, want sonder om Hom te nader kan Hy nie na ons nader nie.
Die bal is in jou hande! Stel jou wekker! Ek belowe jou dat jy nie sal jammer wees nie.
Geskryf deur Johanni Meiring
amen
LikeLiked by 1 person
Dit is presies net so. As mens die dag met die Woord begin, is die lewe soveel makliker.
LikeLiked by 1 person
Verseker Christa!
LikeLiked by 1 person